Dankie aan almal wat help om dié gesin weer op hul bene te kry!

Hier is Natan Oktober (regs) en sy vrou, Mina Goliath (tweede van links), by sy suster, Natasha, en haar man, Johannes Pietersen, wat hulle oor hulle ontferm het toe hul huis afgebrand het. Hulle sit hier by van die skenkings wat hulle ontvang het. Klein Metolene (7) was afwesig met die neem van die foto.  Foto: Schalk le Roux

Hier is Natan Oktober (regs) en sy vrou, Mina Goliath (tweede van links), by sy suster, Natasha, en haar man, Johannes Pietersen, wat hulle oor hulle ontferm het toe hul huis afgebrand het. Hulle sit hier in Natasha en Johannes se huis by van die skenkings wat hulle ontvang het. Klein Metolene (7) was afwesig met die neem van die foto. Foto: Schalk le Roux

BAIE dankie, én steeds: asseblief, want die nood is nog baie groot!

Die Hoorn wil vandeesweek lesers uit ons harte bedank vir die manier waarop so baie betrokke geraak het om ’n gesin wat se huis in die grond afgebrand het, te help om weer hul lewens te herbou.

Nathan Oktober, sy vrou Mina Goliath en hul dogtertjie, Mentolene (7) se huis het op 1 Maart afgebrand waarna nNathan en Mentolene weke lank in Kaapse hospitale vir brandwonde behandel is. Die gesin het in die brand alles verloor.

Oudtshoorniete het die afgelope week – met die vrou met die goue hart, Hester Grint, aan die spits, hul harte oopgemaak en veral klere en beddegoed asook basiese breekware vir die gesin geskenk. ’n Barmhartige inwoners het ook ’n bed vir die ouers en ’n yskas geskenk. Daar was ook enkele kosskenkings.

Ons wil egter saam met die gesin steeds vra: Asseblief vir die volgende:

• Is daar iemand wat kan help met ’n bakkie om die bed en yskas na die gesin se huis in Bongolethu te vervoer? Kontak asb vir Liesel le Roux by sel 073 217 7089 of laat u nommer by enige personeellid van Die Hoorn by 044 272 5605.

• Kan iemand dalk help met sinkplate of pale of enige materiaal om die 3X3 meter-hokkie waarin die gesin moet woon, net ’n bietjie te vergroot sodat hulle ten minste ’n aparte kom­buisie kan hê? Die munisipaliteit het vir hulle sinkplate vir ’n 3X3-vertrek gegee.

• Is daar iemand wat kan help met ’n tafeltjie of kassie waarin die mense hul klere kan bêre of waarop hulle kos kan maak?

• Is daar iemand wat kombuisware soos ’n kastrol of twee kan skenk? Die Hoorn het ’n belofte ontvang vir n tweeplaatstofie.

• Is daar iemand wat kan help met enige vloerbedekking soos ’n tapyt wat iewers lê en wag vir ’n nuwe huis.

• Dankie ook ook aan die personeellede van Die Hoorn wat tussen hul werk deur gehardloop het om kos vir die gesin en klere vir Mentolene te gaan koop.Julle harte sit almal op die regte plek.(Berig deur Liesel le Roux)

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?