Brand by Matjiesrivier geblus

 

Hierdie foto van 'n brand teen die hange van die Swartberge is kort gelede deur Johan Scheepers op die rugbyvelde van die Oudtshoorn Vaardigheidskool se rugbyveld geneem. op die Swartberg noord van Oudtshoorn.

Hierdie foto van die brand teen die hange van die Swartberge is Vrydagaand deur Johan Scheepers vanaf Oudtshoorn geneem.

DIE brand wat Vrydag (10 Januarie) in Matjiesrivier buite Oudtshoorn ontstaan het, is deur die naweek se reën geblus.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, senior woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het reën Saterdagnag en Sondagggend die vlamme doodgereën.

Spanne van Eden Brandweer, CapeNature en Working on Fire het sedert Vrydag teen die brand geveg wat tot hoog in die Swartberge gewoed het en ook sekere huise bedreig het. Die brandspanne se taak is bemoeilik deur temperature wat Vrydag en Saterdag tot bo 40 grade C gestyg het.

Volgens Mangqwengqwe was dele van die gebied waar die vuur gewoed het, moeilik begaanbaar en is veral gepoog om huise teen die vlamme te beskerm, onder meer by die Swartberg Game Lodge.

Log in with your credentials

Forgot your details?