Borgtog vir vermeende huurmoordenaar geweier

• Preston Titus-moordsaak

Leon Campher, ’n gemeenskapsleier van Dys­selsdorp en vriend van Preston Titus, lig Maandag mense buite die Oudtshoorn Landdroshof in oor wat binne die hof gebeur het. Groepe mense drom met elke hofverskyning in die moordsaak buite die hof saam omdat daar net ruimte is vir 30 lede van die publiek nadat die beskuldigdes se familielede, die polisie en pers toegelaat is.  Foto’s: Liesel le Roux

Leon Campher, ’n gemeenskapsleier van Dys­selsdorp en vriend van Preston Titus, lig Maandag mense buite die Oudtshoorn Landdroshof in oor wat binne die hof gebeur het. Groepe mense drom met elke hofverskyning in die moordsaak buite die hof saam omdat daar net ruimte is vir 30 lede van die publiek nadat die beskuldigdes se familielede, die polisie en pers toegelaat is.
Foto’s: Liesel le Roux

’n Groot polisieteenwoordigheid buite die Oudtshoorn Landdroshof Maandag toe drie verdagtes in die Preston Titus-moordsaak aansoek gedoen het vir borgtog, het verseker dat alles in St Johnstraat  vreedsaam verloop het. Daar was ook soos met vorige hofsittings in die moordsaak ’n groot polisieteenwoordigheid binne die hofsaal.

’n Groot polisieteenwoordigheid buite die Oudtshoorn Landdroshof Maandag toe drie verdagtes in die Preston Titus-moordsaak aansoek gedoen het vir borgtog, het verseker dat alles in St Johnstraat vreedsaam verloop het. Daar was ook soos met vorige hofsittings in die moordsaak ’n groot polisieteenwoordigheid binne die hofsaal.

Deur Garnett Wicomb
DIE moontlikheid bestaan dat Justice Mooi (30) met staatsgetuies sal inmeng en nie vir sy verhoor hof toe sal kom nie.
Dit is van die redes wat landdros Roelf Konstabel Maandag in die streekhof op Oudtshoorn voorgehou het toe hy borgtog geweier het vir Mooi, een van die vermeende huurmoordenaars van Preston Titus (47).

Titus was ’n stafsersant in die weermag en is na bewering ten minste 27 keer in sy slaapka­mer met messe gesteek en met ’n hamer geslaan terwyl sy jongste dogter in die huis was.

Die staatsaanklaer, adv John Ryneveldt, het ge­vra dat borgtog geweier word weens die erns van die moordklagte teen Mooi waarvoor hy le­wenslange gevangenisstraf opgelê kan word. Volgens hom was dit ’n wrede, voorafbeplande moord en in belang van geregtigheid om borgtog te weier.

Mooi het sy medebeskuldigde, Sixabiso Klip, wat reeds na ’n pleitooreenkoms met die staat tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is, ook glo gedreig dat hy hom sal toor indien hy skuldig sou pleit.

Volgens die landdros se uitspraak – wat ’n uur en ’n half geduur het – is geen getuienis van bui­tengewone omstandighede voor die hof gebring om borgtog te regverdig nie. Mooi is werkloos en woon by sy moeder in Port Elizabeth. Hy is die pa van ’n agtjarige kind wat in die sorg van sy moeder is. Hy het laas in 2012 as ’n fiksheidsinstruteur by ’n fiksheidsklub gewerk.

“Die staat het ’n baie sterk saak met getuienis van selfoongesprekke tussen die beskuldigde en die vermoorde Titus se vrou, Magdaleen; die messe, hamer en bebloede klere van die vermeende moordenaars wat in die aanval gebruik en deur die polisie langs die pad na Mosselbaai gevind is en videomateriaal van die verdagtes wat by ’n motorhawe op Mosselbaai verkry is. Mooi self betwis nie die erns van die misdaad nie,” het die landdros gesê.

Borgtog is voorts in belang van geregtigheid en die belange van die gemeenskap geweier. Konstabel het verwys na ’n petisie aan die hof wat deur meer as 200 inwoners onderteken is waarin misnoeë uitgespreek word oor die moord in ’n rustige en veilige woonbuurt en versoek word dat alle verdagtes in die saak in hegtenis bly totdat die saak afgehandel is.

Log in with your credentials

Forgot your details?