Bewerings oor Oudtshoorn-drinkwater tans ondersoek

Water-1

BEWERINGS dat mense in die hospitaal behandel moes word nadat hulle kraanwater op Oudtshoorn gedrink het, kon laat gisteraand nog nie bevestig word nie.

Luidens dié bewerings, wat gisteraand anoniem op onder meer whatsapp en Facebook versprei is, is Oudtshoorn se kraanwater onveilig en is mense as gevolg daarvan by die provinsiale hospitaal.

Oudtshoorn se water is tans bruin verkleur as gevolg van erge reën in die dorp se water-opvanggebied. Oudtshoorn se drinkwater kom uit die Swartberge en het altyd ’n bruin kleur na groot reëns.

Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, het gisteraand gesê die munisipaliteit het ook so ’n boodskap ontvang en dit onmiddellik telefonies opgevolg met die twee hospitale op die dorp. “By die Klein Karoo MediClinic was daar geen sulke voorvalle nie, maar die provinsiale hospitaal kon nie per telefoon bereik word nie.”

Mangqwengqwe het gesê dat die munisipaliteit die bewerings vanoggend verder sal opvolg.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?