Bestuurder skoonveld ná kar muur tref

Die toneel in Voortrekkerweg, Oudtshoorn waar ’n motor Saterdagaand, na bewering vanuit Parkweg-Noord, oor ’n verkeerseiland en dwarsoor Voortrekkerweg deur die tuinmuur van Maredehof gejaag het.                                                                                 Foto: Liesel le Roux

Die toneel in Voortrekkerweg, Oudtshoorn waar ’n motor Saterdagaand, na bewering vanuit Parkweg-Noord, oor ’n verkeerseiland en dwarsoor Voortrekkerweg deur die tuinmuur van Maredehof gejaag het. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
DIE bestuurder van ’n motor wat Saterdagaand deur die tuinmuur om Maredehof in Voortrekkerweg gejaag het, het van die toneel weggehardloop.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, ondersoek die polisie tans geen saak nie, maar kan dit verander indien meer inligting beskikbaar raak.

Die botsing het omstreeks 21:30 in ligte reën digby die hoek van Park- en Voortrekkerweg plaasgevind. ’n Boom is ook in die botsing stukkend gery.

Die motor het na bewering vanuit Parkweg-Noord oor ’n verkeersdriehoek op die hoek en dwarsoor Voortrekkerweg gejaag.

Inwoners van die omgewing het vertel dat die botsing met ’n baie harde slag gepaard gegaan het. Dotty Maltman, ’n inwoner van Maredehof, het later op Die Hoorn se Facebook-bladsy geskryf oor die oomblik toe die voertuig deur die tuinmuur is: “My sitkamermuur is so ’n paar meter daarvandaan. Daar was twee vreeslike slae toe die muur getref is.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?