April hoor hy moet nog langer wag vir beslissing om te kan appelleer

Gordon April.

Gordon April.

Deur Garnett Wicomb

Die voormalige burgemeester van Oudtshoorn, Gordon April, is steeds in aanhouding nadat uitspraak in ‘n aansoek om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appelleer weer eens nie vanoggend (Maandag) gelewer is nie vanweë die siekte van die betrokke landdros.

Die aangeleentheid is op 19 April tot vandag uitgestel omdat streeklanddros Mark van Wyngaardt toe in die hospitaal was.

Staatsaanklaer Willem Vister, het landdros JH Breyl vanoggend versoek om die saak voorlopig tot Woensdag, 26 April, uit te stel met die hoop dat Van Wyngaardt dan beskikbaar sal wees.

Talle ander sake wat voor Van Wyngaardt dien, moes noodgedwonge vanoggend uitgestel word.

April is op 5 April vanjaar effektief tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis, maar hy is van mening dat ‘n ander hof tot ‘n ander bevinding kan kom.

Die staat vra dat die aansoek van die hand gewys word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?