16-jarige sterf na beweerde stryery met sy ma

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214
DIE gemeenskap van Bridgton is die naweek geruk deur die mesdood van ’n 16-jarige tiener van Lappertstraat.

Die seun, ’n leerder van Bridgton Sekondêr, is dood na ’n beweerde stryery met sy ma Saterdagmiddag waartydens hy met ’n mes in die nek gesteek is. Die vrou was – volgens inwoners wat kort na die voorval op die toneel was – sigbaar aangerand.

Die seun is op die toneel dood.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, word ’n klagte van moord tans ondersoek. Sy sê die voorval het omstreeks 12:50 plaasgevind.

Die vrou (37), wat na verneem word ook die moeder is van ’n baba, het vanoggend die eerste keer in die hof verskyn.

• Die Oudtshoorn Polisie het ook ’n 24-jarige man Saterdag in hegtenis geneem op ’n aanklag van ’n moord.

Michaels sê Glenton Arendse is omstreeks 22:12 in Kuduweg verskeie kere met ’n mes gesteek. Hy is later die aand in die hospitaal oorlede.
Die verdagte het ook vanoggend in die hof verskyn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?