12 mense beseer

Die bakkie wat op die Dysselsdorppad gerol het.      Foto: ER24

Die bakkie wat op die Dysselsdorppad gerol het. Foto: ER24

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n klagte van roekelose en nalatige be­stuur nadat 12 mense Saterdag­og­gend vroeg op die Dysselsdorppad beseer is.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die bestuurder van ’n wit Toyota-bakkie na bewering ’n ander voertuig verbygesteek toe ’n groen trok ook wou verbygaan.

“Die bakkie het met die ander voer­tuig gebots en die trok het nie op die toneel gestop nie. Die passasiers van die ander voertuig is nie beseer nie,” sê Michaels.

Volgens Russel Meiring, woord­voer­der van ER24, was die meeste van die passasiers wat beseer is, ag­ter­ op die bakkie toe die ongeluk sowat 10 km buite Oudtshoorn plaasgevind het. Volgens Meiring is die passasiers deur paramedici na die Oudtshoorn

Hospitaal geneem, maar is niemand ernstig beseer nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?