Groen Protea-baadjie vir Anique

Anique Wolmarans en haar afrigter, Annette van der Merwe.

Anique Wolmarans en haar afrigter, Annette van der Merwe.

‘N LEERDER van die Hoërskool Oudtshoorn, Anique Wolmarans, het haar skool en Oudtshoorn die afgelope naweek trots gemaak toe sy as lid van die Suid-Afrikaanse o.17-skolenetbalspan teen ‘n span van Namibië in Durban gespeel het. Sy sal ook verder in 2017 vir die nasionale span speel.
Anique het ook die voorreg gehad om as lid van skolespan saam met die Protea-span te oefen wat tans aan ‘n vierhoekige reeks teen Engeland, Nieu-Seeland en Australië deelneem.
Haar groen Protea-baadjie is vanoggend onder groot opwinding by die skool se saalbyeenkoms amptelik aan haar oorhandig.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?