So wil munisipaliteit dorp skoonhou

Vullisverwyderingsplan vir Groter Oudtshoorn

DIE reinigingsafdeling van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het ’n vullisverwyderingsplan opgestel wat sal verseker dat vullis by elke huishouding verwyder sal word.

Volgens Aurelia Oliphant, ’n woordvoerder van die Oudtshoorn Munisipaliteit, wil die munisipaliteit
verseker dat inwoners in ’n gesonde en skoon omgewing woon.

Die reiningsdienste binne die munisipaliteit bestaan uit drie dele, naamlik vullisverwydering, die skoonmaak van oop ruimtes en die werk wat straatveërs doen.

Vullisverwydering: Besigheids- en huishoudelike vullis vind op geskeduleerde dae plaas met vullissakke wat deur die munisipaliteit aan huishoudings voorsien word. Elke pak bevat 25 swartsakke en elke huishouding ontvang ’n maksimum van van twee pakke per kwartaal.

Tans word alle huishoudings en besighede in die munisipale gebied se vullis weekliks verwyder.
Oop ruimtes: Vullisbakke wat op strate giese plekke in oop ruimtes geplaas word, is daar vir die storting van tuinvullis.

“ ’n Beroep word op inwoners gedoen om geen huishoudelike vullis in hierdie bakke te stort nie,” sê Oliphant.

Volgens haar word dié bakke een keer per week leeggemaak en word ouers versoek om seker te maak dat kinders nie naby die bakke speel nie aangesien dit onhigiënies is.

Straatveërs: Dié werknemers van die munisipaliteit maak daagliks die dorp skoon, met hul hooffokus om rommel op te tel en strate te vee.

• Oliphant sê ’n stormwater-skoonmaakfase by Thabo Mbeki Square in Wyk 8 is afgehandel.

“Die Oudtshoorn Munisipaliteit is die afgelope tyd besig met verskeie skoonmaakprojekte.

Verlede week het die munisipaliteit in samewerking met ’n plaaslike boer en Camp Roadhouse langs
die N12 tussen Oudtshoorn en De Rust skoongemaak.”

Sy sê dié gebied val eintlik onder die Eden Distrik Munisipaliteit, maar omdat dit deel is van ’n ingang van Oudtshoorn, het die burgemeester, Colan Sylvester, besluit om iets daaraan te doen.

“Die netheid van ’n dorp weerspieël die karakter van sy inwoners. Ek wil ’n pleidooi rig aan die inwoners van Oudtshoorn: Wees trots op u dorp en hou u dorp skoon,” het Sylvester oor dié inisiatief gesê.

Log in with your credentials

Forgot your details?