Vra vir duplikaat-rekening as rekening nie opgedaag het nie

Meter

’N FOUT wat ingesluip het met die druk van munisipale rekeninge, is die oorsaak daarvan dat sowat 13 persent van belastingbetalers in die Groter Oudtshoorn nie hul rekeninge vir Februarie 2017 ontvang het nie.

Die munisipaliteit het vanoggend inwoners wat nie rekenings vir Februarie ontvang het nie, versoek om die munisipaliteit te kontak vir ’n duplikaat-rekening.

Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, senior woordvoerder van die munisipaliteit, het die munisipaliteit ondersoek ingestel nadat talle verbruikers hulle in kennis gestel het dat hulle nie hul rekenings ontvang het nie.

Munisipale rekenings moes teen 10 Maart betaal gewees het.

“Die ondersoek het aan die lig gebring dat 13 persent van die rekeninge nie gedruk het nie as gevolg van ’n probleem tydens die drukproses.”

Verbruikers wat hul rekenings per e-pos ontvang, het geen probleme ondervind nie.

Die munisipaliteit het weer verbruikers aangemoedig om hul e-posadresse en selnommers aan die munisipaliteit te verskaf sodat hul munisipale rekeninge per e-pos aan hulle gestuur kan word. (Berig deur Liesel le Roux)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?