Twee bane van Grotte-pad oop dié vakansie

Kango Grotte-pad

Deur Liesel le Roux
DIE R328 tussen Oudtshoorn en die Kango Grotte sal tydens die somervakansie oop wees vir normale tweerigtingverkeer vanaf 15 Desember tot 10 Januarie. Die pad word tans herseël met stop/ry-punte omdat werk aan die een helfte van die pad gedoen word.

Frik Eloff, projekbestuurder van iMvula Roads and Civils aan wie die Wes-Kaapse regering die tender vir die herseël van die pad toegeken het, sê die projekspan neem vir dié tydperk ook ’n vakansiebreuk.

Volgens Eloff verloop die herseëling van die pad volgens plan, en is die verwagte voltooingsdatum daarvan steeds 3 April 2018.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?