Munisipaliteit en Absa bemagtig

Van links is Kabelo Lekalakala (SEDA), Mzi Baleni (Absa), burgemeester Colan Sylvester, Odwa Nabe (Absa), Nico Europa (Absa), Violet Lupuwana (Chumile Consulting) en Annique Arries (Youth Cafè) saam met jeugdiges betrokke. Foto: Ilze-Mari Gründling

Van links is Kabelo Lekalakala (SEDA), Mzi Baleni (Absa), burgemeester Colan Sylvester, Odwa Nabe (Absa), Nico Europa (Absa), Violet Lupuwana (Chumile Consulting) en Annique Arries (Youth Cafè) saam met jeugdiges betrokke. Foto: Ilze-Mari Gründling

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Munisipaliteit bied vanjaar in samewerking met die Small Enterprise Development Agency (Seda) en Absa werkswinkels aan vir jeugdiges en kleinbesigheidseienaars. Met dié werkswinkels by die Oudtshoorn Youth Cafè beoog die munisipaliteit om die jeug te bemagtig met vaardighede en kennis.

Oudtshoorn se burgemeester, Colan Sylvester, het by die loodsing van dié inisiatief gesê 35 % van die dorp se jeug is werkloos en 52 % van Oudts­hoorn se bevolking afhanklik van staatstoelae.

“Ons het besluit om die visie van Oudtshoorn te verander en te kyk na hoe ons welvaart vir alle inwoners kan skep. Die werks­winkels is deel daarvan.

“Ons wil Oudtshoorn ’n kennis-hub maak en soveel as moontlik inwoners ophef uit hul om­standighede. Ons wil verhoed dat klein besighede na ses maande of oor ’n jaar weer toemaak.

“Ons moet ons dorp se leuse van A town to work, learn and prosper uitleef.”

Hy het gesê Absa het aangebied om tydens die KKNK jeugdiges en kleinbesigheidseienaars te bemagtig.

Mzi Baleni, streeksbestuurder van Absa, het by die geleentheid Absa se bereidwillig­heid te kenne gegee om die koste van ’n stalle­tjie en vooraad in die Kuierbuurt vir inwoners te dra wat ’n besigheid wil begin en nie so ’n stalletjie kan bekostig nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?