Krag tydelik herstel vir Kerstyd

• Raad keur welwillendheidsgebaar eenparig goed

INWONERS van die Groter Oudtshoorn wie se elektrisiteit afgesny of geblok is, sal wel tussen 20
Desember 2017 en 3 Januarie 2018 toegang tot elektrisiteit hê.

Dit volg nadat die Groter Oudtshoorn-raad by Krag tydelik herstel vir Kerstyd ’n spesiale raadvergadering Dinsdag eenparig ’n voorstel aanvaar het om in die gees van welwillendheid
alle inwoners vir die Kerstyd toegang tot elektrisiteit te gee.

Raadslid Klasie Windvogel (ANC) het by die vergadering raadslede gevra om in die Kerstyd
te dink aan inwoners wat finansieel swaarkry en ’n tydelike toegewing te maak om elektrisiteit
aan almal beskikbaar te stel.

Sowat 12 233 huis – houdings in die Groter Oudtshoorn maak gebruik van voorafbetaal de elektrisiteit (koopkrag) en 3 392 huis houdings van konvensionele elektrisiteit.

702 huishoudings se koopkrag is tans geblok en 48 huishoudings se elektrisiteit afgesny.

Raadslede het tydens die vergadering ’n beroep op inwoners gedoen om reëlings met die munisipaliteit
te tref oor die afbetaling van oortrokke rekeninge.

Diegene wat teen 3 Januarie geen reëlings met die munisipaliteit getref het nie, se elektrisiteit sal
weer geblok of afgesny word.

Huishoudings met boetes op hul rekeninge se elektrisiteit gaan egter nie aangesluit word nie.

Die boetes is vir elektrisiteitsdiefstal of vir persone wat aan elektrisiteitsmeters gepeuter het.

Log in with your credentials

Forgot your details?