Kook steeds water, sê munisipaliteit

Die Oudtshoorn Munisipaliteit het die week inwoners versoek om vir veiligheid steeds hul water te kook vir drinkdoeleindes omdat die dorp se water steeds troebel is.

Die uitslae van watermonsters wat verlede week (Dinsdag 27 Februarie 2018) geneem is, het getoon dat al die reservoirs se E.coli-tellings nul was. Die troebelheid van die water bekommer egter steeds die munisipaliteit.

“Ons is dit eens dat die water, vir drinkdoeleindes, steeds gekook moet word, aangesien die water nog steeds troebel is en dit dus die effektiwiteit van die chlorinering verminder,” sê Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woordvoerder.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?