Senior bestuurders by netwerkaand

Die munisipaliteit se senior bestuurspan is van links Reginald Smit (direkteur korporatiewe dienste), Chris Koch (waarnemende direkteur tegniese dienste), Allen Paulse (munisipale bestuurder), Thomas Matthee (waarnemende direkteur gemeenskapdienste) en Felix Lötter (hoof- finansiële beampte).

Die munisipaliteit se senior bestuurspan is van links Reginald Smit (direkteur korporatiewe dienste), Chris Koch (waarnemende direkteur tegniese dienste), Allen Paulse (munisipale bestuurder), Thomas Matthee (waarnemende direkteur gemeenskapdienste) en Felix Lötter (hoof- finansiële beampte).

IN ’n eerste vir Oudtshoorn het die senior bestuurspan van die Groter Oudtshoorn Munisipaliteit Donderdagaand (2 Februarie 2017) ’n netwerkaand van die Oudtshoorn Besigheidskamer bygewoon.
Die netwerkaand in by Mount Noah, ’n unieke verblyfplek op Oudtshoorn met bote as gastekamers, gehou.
Die munisipale bestuurder, Allen Paulse, is vergesel deur Felix Lötter (hoof- finansiële beampte), Reginald Smit (direkteur korporatiewe dienste), Thomas Matthee (waarnemende direkteur gemeenskapdienste) en Chris Koch (waarnemende direkteur tegniese dienste).
Die voorsitter van die Besigheidskamer, Gideon Badenhorst, het gesê dié teenwoordigheid van die dorp se senior bestuurders is ’n aanduiding daarvan dat die munisipaliteit en die sakelui van die dorp deesdae saam ’n belangrike “hekkie oorgesteek het”.
Dié bestuurders is almal sedert die munisipale verkiesing van 2016 aangestel.
Hy het gesê dit is bemoedigend dat die dorp se nuwe bestuurderspan verstaan dat samewerking tussen die munisipaliteit en die sakesektor net tot voordeel van die inwoners kan wees.
“Hoe beter besighede op ’n dorp doen, hoe meer werk kan hulle skep en hoe beter gaan dit met die inwoners van ’n dorp.”
Paulse het tydens sy spreekbeurt gesê die munisipaliteit het sedert verlede jaar reeds daarin geslaag om miljoene rande se agterstallige skuld aan Eskom en baie ander skuldeisers af te betaal. Skuld aan Eskom het reeds van sowat R54 miljoen verminder na R19 miljoen.
Volgens hom gaan dit egter steeds finansieel moeilik by die munisipaliteit en is daar steeds ’n massiewe agterstallige skuldlas wat die munisipaliteit hoop om oor die volgende twee jaar af te betaal.
“Eers dan sal daar geld beskikbaar wees om al die gebreke in die dorp te begin herstel.”
Hy het sy dankbaarheid uitgespreek oor die wyse waarop die inwoners van die Groter Oudtshoorn die munisipaliteit ondersteun en verstaan dat daar meestal nie geld beskikbaar is vir herstelwerk nie.
“Ons wil graag regmaak wat verkeerd was. Ons hoop om saam met julle die wa deur die drif te trek.”
• Die netwerkaand is geborg deur die KKNK wat ook die 2017-program aan teenwoordiges bekend gestel het.
(Berig deur Liesel le Roux)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?