Herstelwerk gedoen aan Calitzdorp suiweringswerke

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE reservoirs by die suiwerings­werke in Calitzdorp kan nie ten volle gevul word nie omdat die filtreerstelsel nie water doeltreffend kan spoel nie.

Volgens ’n verklaring van die munisipale bestuurder van die Kannaland Munisipaliteit, Reynold Stevens, is die kwaliteit van die filtreersand nie op standaard nie, en is daar reeds begin met die aanvul van nuwe filtreersand.

Dit het reeds die kwaliteit van die water verander.

Volgens Stevens sal dit verseker dat al drie reservoirs in Calitzdorp tot hul volle kapasiteit gevul kan word.

Dié filtreerstelsel word volgens die ver­klaring elke drie ure vir ’n periode van 40 minute gespoel.

Die munisipaliteit het ook maat­reëls in plek gestel om te verseker dat drinkwater aan die verskillende areas van Calitzdorp voorsien kan word.

Volgens die verklaring staan die Nelsdam, wat water voorsien aan Calitzdorp, tans op 15,1 % en bevat die dam net sewe maande se waterinhoud.

Stevens het ook ’n ernstige beroep op inwoners gedoen om ten alle tye water te spaar.

Volgens die verklaring sal openbare deelnameverga­de­rings gehou word waartydens duidelikheid oor watervooruitsigte aan inwoners verskaf sal word.

Log in with your credentials

Forgot your details?