Goeie vordering met projek van R213 miljoen, sê departement

Oudtshoorn-De Rust-pad

DIE R213 miljoen-projek van die Wes-Kaapse Departement van Vervoer en Openbare Werke om die pad tussen Oudtshoorn en De Rust op te gradeer vorder goed, sê Byron la Hoe, woordvoerder van die departement.

Werk aan die 33 km van die R341 tussen die twee dorpe het in Maart afgeskop en sal na verwagting vroeg volgende jaar voltooi word.

Volgens La Hoe behels die projek die opgradering en herseëling van dele van die pad terwyl die brug naby die afdraaipad na Dysseldorp ook tydens konstruksie wyer gemaak sal word.

“Omvattende opgradering van die pad is nodig, asook verbeteringe in die ontwerp daarvan ter wille van beter die verkeersvloei en padveiligheid.”

La Hoe sê die departement wil deur die opgradering van dié pad bydra tot veilige en effektiewe padvervoer in die gebied.

Hy sê motoriste kan vertragings van tot 15 minute op ’n keer by verskeie stop-en-rypunte van beide kante af verwag.

“Die projek skep ’n aantal korttermyn-werksgeleent­hede asook geleenthede vir vaardigheidsopleiding.

“ ’n Totale bedrag van R29 miljoen sal in dié verband op kontrakteurs gespandeer word terwyl 60 000 dae se werksgeleenthede vir mense wat in die plaaslike munisipaliteit woon, geskep word.”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?