Goeie vordering met ‘oorlog teen lekplekke’

Dié groep loodgie­ters van Oudts­hoorn is tans betrokke by die munisipaliteit se “oorlog teen lekplekke”- veldtog wat waterbeparing by deernis­huishoudings ten doel het. Hulle is van links Tommy Brown, Dimitri Faku, Denver Avontuur, Divan Likay, Floors Arries, Christopher Prins en Keith Muller. Op die inlasfoto is Michael Bevis. (Foto verskaf.)

DIE eerste fase van die Groter Oudts­hoorn Munisipaliteit se “oorlog teen lekplekke” is afgehandel.

Tydens dié fase is agt loodgieters aangestel wat tussen 19 September 2018 en 5 Oktober moontlike lekplekke in deernishuishoudings ondersoek het en ook moes vasstel wat nodig is om dit te herstel.

Tydens die tweede fase wat op 5 November afskop, sal die lekplekke herstel­ word by al die huise op die lys.

Werklose en afgetrede loodgieters is in Augustus deur die munisipaliteit genooi om op die munisipale databasis te registreer indien hulle betrokke wil raak by die projek teen lekplekke.

Die “Oorlog teen Lekplekke”-veldtog het waterbesparing in die munisipaliteit ten doel deur die herstel van lekplekke.

Log in with your credentials

Forgot your details?