Yaris sterker, vinniger én ekonomieser

Die agterkant van die nuwe Yaris met sy nuwe, moderner agterligte.

Die agterkant van die nuwe Yaris met sy nuwe, moderner agterligte.

DIE nuwe Toyota Yaris Pulse 1.5, wat so pas in Suid-Afrika bekend gestel is, spog met ’n splinternuwe 1500cc-enjin wat volgens Toyota nie net 12% meer krag lewer nie, maar ook tot 12% ligter op brandstof is as sy 1300cc-voorganger.

Die nuwe enjin spog ook met ’n “skooner” enjin, maw ’n klein koolstofvoetspoor.
Die Yaris 1.5 Pulse lewer ’n stewige 82 kW @ 6000 rpm en maksimum wringkrag van 136 Nm @ 4400 rpm.

Die nuwe Yaris se voorkoms binne en buite is op verskeie plekke opgekikker om dit ’n mooier en meer dinamiese voorkoms te gee. Die veranderings buite sluit in nuwe hoofligte, agterligte en ’n nuwe rooster. Binne is daar nuwe bekleedsel, klankstelsel en kontroles.

Die Pulse beskik oor al die luukshede en meer wat ’n mens van so ’n klein motortjie sou verwag.
Die Pulse is in vyf modelle beskikbaar, die 1.0 Pulse met handrat, die 1.5 Pulse met handrat, die 1.5 Pulse CVT (outomaties) en die 1.5 Pulse Plus CVT. Die pryse wissel van R199000 tot R249600. Dan is daar die luukse Hybrid wat R307200 kos.

Veiligheidskenmerke sluit in ABS-remstelsel, EBD (elektroniese remkragverspreiding), BAS (remhulpstelsel), lugsakke vir bestuurder en passasiers en VSC (motorstabiliteitsbeheer).
Tydens ’n toetsrit met die Yaris Pulse was die stewige gevoel van die motor opvallend asook hoe padvas en gemaklik dit skerp draaie hanteer.

Vir meer inligting en navrae oor die Yaris Pulse kan Klein Karoo Toyota by tel 044 272 5400 gekontak word of te Hoogstraat 13, Oudtshoorn, besoek word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?