Vakansiewenke vir motors

Deur Wyndham Ewerts
DIE September-skoolvakansie is weer hier en baie gesinne sien uit na ’n reis na familie en vriende. Hier is ’n paar nuttige wenke:

Vars koue water, iets om te eet en genoegsame vermaak vir die kinders is ’n moet veral as die rit ’n paar uur gaan duur.

Maak seker jou foon is gelaai sodat jy dadelik iemand kan kontak indien jy hulp nodig het.

Dis altyd voordelig om verseker te wees by ’n versekeringsmaatskappy sodat hulle jou dadelik te hulp kan snel en jy nie heel dag of nag gestrand is sou jou motor ’n meganiese probleem langs die pad kry nie.

Voor jy die pad aandurf, maak ook seker dat die petroljoggies jou motor se olie en water nagaan.

Dieselfde geld jou bande, remoliestof en ruit-veërs.

Maak ook seker dat al jou motorligte werk.

Dring daarop aan dat almal hul sitplekgordels vasmaak en vermy gesprekke oor jou selfoon terwyl jy bestuur. Trek liewer van die pad af.

Nadat jy seker gemaak het dat alles in orde is, kan jy met gemoedrus die langpad aandurf en die rit met jou geliefdes terdeë geniet.

Hou lekker vakansie en kom weer veilig tuis!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?