Twee Oudtshoorniete tweede in hul klas

Christo Stander by die 1976 Ford Escort waarmee hy en Johan Kriegler aan die WegRy Bull Run deelgeneem het.            Foto verskaf

Christo Stander by die 1976 Ford Escort waarmee hy en Johan Kriegler aan die WegRy Bull Run deelgeneem het. Foto verskaf

Wegry Bull Run 2017

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE twee Oudtshoorniete wat aan vanjaar se WegRy Bull Run deelgeneem het onder hul naam “Grootvoël Paradys” het die tweede plek in hul klas behaal!

Christo Stander en Johan Kriegler het vanaf 5 tot 8 Oktober met hul 1976 Ford Escort aan die Bull Run in Van Wyksvlei deelgeneem.

Sowat 150 spanne het vanjaar deelgeneem. Slegs motors voor 1980 wat minder as R25 000 kos, kon deelgeneem het.

“Ons het 1 899 km gery – sonder om ’n druppel ekstra olie of water te gebruik!” het Stander die week opgewonde vertel.

Die Grootvoël Pa­ra­dys-span het aan die 308 km-rally, die 400 m-kortmyl-drag race en aan die ovaalbaanwedren deelgeneem. Hul­le het die drifting-baan in twee minute en 43 sekondes voltooi en het ook ’n prys ontvang vir die beste gees in hul groep.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring – die ervaring van ’n leeftyd! Daar was min voertuie wat self tot by Van Wyksvlei gery het.”

Een van die vereistes van die kompetisie was dat die voertuig self tot in Van Wyksvlei moes ry.

“Ek wil net weer eens baie dankie sê aan al ons borge. Sonder hulle sou ons dit nie kon doen nie. Volgende jaar gaan ons groter!”

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?