Splinternuwe Yaris hier!

7 Yaris

DIE heel nuwe Toyota Yaris, wat so pas in Suid-Afrika bekendgestel is en nou by Klein Karoo To-yota op Oudtshoorn beskikbaar is, is omvattend vernuwe en vergroot vergeleke met vorige modelle.

Die Yaris, wat al vir homself naam gemaak het as ’n soliede, betroubare motortjie, is in vyf mo-delle beskikbaar, naamlik die 1.5Xi, 1.5Xs, 1.5Xs CVT, 1.5Cross en 1.5Sport.

Die Yaris se nuwe, verbeterde 1.5 liter-enjin lewer 79 kW krag teen 6000 r/min en 140 Nm wringkrag teen 4200 r/min. Al vyf modelle het vyfgangratkaste. Volgens Toyota het die handratmodelle van die nuwe Yaris ’n topsnelheid van 180km/h.
Met uitsondering van die Yaris Pulse wat verle-de jaar uitgekom het met ’n 1,5 liter enjin, het al die vorige Yarisse 1.3 en 1.0 liter enjins gehad.

Die nuwe Yaris, wat net as ’n luikrug uitkom, is 4,135 meter lank, wat 19,5 cm langer as die vorige Yarisse is, en 1,73 meter breed, wat 34 mm breër as die vorige modelle is. Dit gee aan die nuwe Yaris, wat op die jonger geslag gemik is, ’n meer elegante, sportiewe voorkoms.

Veral die Yaris 1.5Xs CVT sal egter ook by die ouer geslag byval vind. Die Hoorn het dié model vir ’n toetsrit gevat en sy lewendige enjin en die gladde en doeltreffende oorskakeling van sy outo-matiese ratkas maak dit ’n plesier om dié motor te bestuur. Danksy sy vinnige versnelling as die petrolpedaal getrap word, sal die Yaris stadiger motors sonder ’n gesukkel verbysteek.

Die nuwe Yaris se padhouvermoë, ook om draaie, is uitstekend.

Die nuwe Yaris spog met alle kenmerke, luuks-hede, veiligheidskenmerke en nog meer wat ’n mens van ’n hedendaagse – nie meer so klein motor nie – verwag.

Die nuwe Yaris het agter ook meer beenspasie en heelwat meer laairuimte.

Onder die luukshede waarmee die nuwe Yaris spog, is ’n uitstekende klankstelsel en ’n navigasie­stelsel (GPS) in die duurder modelle.

Tov veiligheid is al die modelle toegerus met EBD (Electronic Brakeforce Distribution), BA (Brake Assist), ABS (Anti-lock Braking System), HAC (Hill Assist Control) en VSC (Vehicle Stability Control).

Volgens Toyota is die nuwe Yaris ’n “omge­wingsbewuste” voertuig met ’n Euro 4-enjin, herwinbare onderdele en ’n verminderde koolstof- voetspoor.

Vir meer inligting oor die nuwe Yaris of om ’n toetsrit te reël, besoek gerus Klein Karoo Toyota in Hoogstraat of skakel 0442035400.

Log in with your credentials

Forgot your details?