‘Silly Season’ is op ons

Deur Arno Greyling

Deur Arno Greyling

Toe ons weer ’n slag ons ogies uitvee en rondom ons kyk, is 2017 op sy rug en het wat die Engelse gemeenskap as die “silly season” beskryf, aangebreek!

Die “silly season” is so beskrywend. En die tyd van die jaar word nie verniet so genoem nie. Dit is werklik of die ganse heelal betotteld raak. Mense gaan aan die koop, almal wil so min as moontlik doen en almal soek meer van wat hy nie het nie.

Aan die wiele-kant het die “silly season” ook sy kop uitgesteek.

Koopkoors loop hoog en die aptyt vir risiko’s raak groter en groter.

En dit bring my by hierdie maand se bydrae – eintlik ’n baie ernstige vermaning. Die enigste klomp wat nou harder werk is mense daar buite wat eintlik nie daarin belang stel om regtig te werk nie…

Ek verwys na die skurk-element wat ook hierdie tyd van die jaar gebruik om sy gulsigheid te voed.

Almal van ons wil graag so min as moontlik vir ’n artikel betaal en as jy ver­koop, wil jy so veel moont­lik daarvoor realiseer. Soveel te meer as dit kom by karre, want daar het ons met groot somme geld te make.

En die publiek het slim genoeg geraak om te weet dat as jy koop of verkoop deur ’n handelaar daar ten minste 10 persent van die omset ter sprake is – hetsy wat jy minder kry of meer betaal vir die motor wat jy koop of verkoop.

Koop en verkoop op die internet het dit moontlik gemaak om ’n baie groter mark te bereik, maar dit weet die skurke ook.

En deesdae hoef hulle nie meer jou motor te steel om geld te maak nie….
Die maklikste en nuutste slenter is om jou as koper te oortuig om ’n motor te koop wat nie aan die skurk behoort nie.

Ek was nou onlangs in ’n gesprek waar ’n klompie handelaars van die Johannesburg-omgewing ook was. Daar is vertel die nuutste is dat hierdie skurke na handelaars se vloere kom onder die voorwendsel dat hlle belang stel om ’n voertuig te koop.

Toetsritte word onderneem en sodra hul om die hoek is, word foto’s van die voertuig geneem. Daar word ook foto’s geneem van die prysbord en die handelaarskap. Dié manne gaan dan heen en adverteer die voeruie teen nuwe, verlaagde pryse op Gumtree, OLX en verskeie Facebook-groepe.

Omdat dit dan ooglopende besonderse lae pryse is, kry hulle dit reg om mense te oortuig om ’n “deposito” te betaal aangesien “hulle oorval word deur navrae” (of so word die kliënte glo wysgemaak).

En siedaar! Gou-gou is hul sakke gevul met die geld van niksvermoedende, opgewonde en onskuldige mense wat weldra uitvind dat die Desembervakansie heeltemal versuur is.

En dit vind hulle eers uit as hulle by die handelaar kom onder wie se naam die voertuig geadverteer is…
Wees asseblief baie versigtig as u dit oorweeg om een van dié platforms te gebruik om ’n voertuig te koop of te verkoop.

Dis dalk tog maar die moeite werd om ’n handelaar te gebruik en hom die winsie te gun.
Soos die gesegde lui: “It is a jungle out there!”

’n Baie geseënde Christusfees vir ’n ieder en elk. Ek groet tot ons paaie weer kruis…

Yamaha se jongste konsepadevontuurmotorfiets, die Tenere 700, wat onlangs by die 2017 EICMA Motorskou in Milan vertoon is. Die produksiemodel word egter nog gefinalseer.

Yamaha se jongste konsepadevontuurmotorfiets, die Tenere 700, wat onlangs by die 2017 EICMA Motorskou in Milan vertoon is. Die produksiemodel word egter nog gefinalseer.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?