Model T Fords besoek Oudtshoorn

’N GROEP van digby vyftig Ford-motors wat almal voor 1931 vervaardig is, besoek Oudtshoorn van Woensdag (7 Februarie) tot volgende Vrydag as deel van die Model T Fordklub van Suid-Afrika se Ford Veteraan- en Noagtoer.

Die besoekers, sowat 100 van hulle, gaan in die Oudtshoorn Inn oornag en gedurende hul besoek onder meer toerisme-attraksies in die omgewing besoek en van die Klein Karoo se skilderagtige paaie ry. Van die plekke wat die toer gaan aandoen, is Volmoed, die Huisrivierpas, Ladismith, Seweweekspoort, die Kango-grotte en Buffelsdrift.

Die Model T Fordklub span saam met die Suid-Kaap Oumotorklub (SKOMK), om die Model T se 110de verjaarsdag hier op Oudtshoorn te vier.

Die Model A, wat 20 jaar na die Model T op die mark gekom het, vier terselfdertyd sy 90ste verjaarsdag.
Ford loop al ’n baie lang pad in Suid-Afrika en wil met die toer hul verbintenis met onder meer die streek en hul lojaliteit aan kliënte bevestig.

Woensdag, nadat die toergroep op Oudts­hoorn aankom, word ’n skemerkelk vir hulle vanaf 17:00 by Oudtshoorn Ford aangebied.

As deel van hul besoek aan Oudtshoorn gaan die toergroep volgende Donderdagaand ’n deftige gala-onthaal by die nuwe Klein Karoo Ostrich Emporium hou met die tema Die Goue Era van die Volstruisbedryf. Die ou motors gaan voor die ont-haal van 16:00 op die hoek van Langenhovenweg en Rademeyerstraat uitgestal word om lede van die publiek die geleentheid te gee om te kom kyk.

Ná die toergroep se besoek vertrek hulle na George waar hulle aan die George Oumotorskou wat die naweek plaasvind, gaan deelneem.

Navrae: Philip Kuschke – 082 856 5152. ■

Log in with your credentials

Forgot your details?