As jy dink ons politici ry duur

Met Arno Greyling

Met Arno Greyling

DAAR is pas inligting bekend ge-maak wat vir ons ’n kykie gee na pres Donald Trump se nuwe presidensiële motor.

Die spesifikasies is verbysterend.
’n Vloot van twaalf Cadillacs teen ’n gesamentlike waarde van R250miljoen (R20,8miljoen per Ca-dillac) word binnekort by die Withuis afgelewer. Met so ’n prys is van die ­spesifi­kasies as volg (hou net in ge-dagte dat daar net sekere spesifi-kasies bekend gemaak word weens veiligheids­redes):
• Die agterste kompartement kan Trump en vier ander insittendes han-teer met ’n glaspaneel tussen die kompartement en die bestuurder wat slegs deur Trump beheer kan word.
• Die deure is 20 cm dik en weeg dieselfde as ’n Boeing 757 se deur. Hulle seël 100% om die insittendes te beskerm teen ’n chemiese aanval.
• In die kattebak is ’n volledige stelsel om ’n brand van enige aard te blus, asook om traangas vry te stel.
• Onder Trump se sitplek is ’n sa-tellietfoon regstreeks na die Pentagon – asook die vise-president.
• ’n Kombinasie van staal, alluminium, titanium en keramiek word gebruik om die voertuig se raamwerk te versterk sodat selfs ’n projektiel nie daardeur sal kan dring nie.
• Die bande is versterk met Kevlar, wat dit onmoontlik maak vir skerp voorwerpe om dit binne te dring.
• Nagvisie-kameras is in die voor-ste buffer gemonteer.
• Die ruite is vyf lae van glas en ­polikarbonaat wat dit ondeurdringbaar maak, selfs vir spesiale ammunisie. Slegs die bestuurder se venster kan met vyf sentimeter laat sak word.
• Daar is sakkies met bloed van dieselfde bloedgroep as Trump s’n in die motor indien dit benodig sou word.

Die Cadillac weeg agt ton en is langer as twee medium grootte SUV’s gesamentlik.
Daar is ook vuurwapens in die voorste buffer gemonteer wat granaatlanseerders en traanrook insluit.
Verskeie handwapens is in die ­binne­kant van die bestuurskompartement gemonteer.
Twee ander hoog tegnologiese voertuie maak ook deel uit van die president se vloot.
Met die een word seker gemaak dat die president ten alle tye na buite kan kommunikeer en hy dus nie afhanklik hoef te wees van enige ­kommuni­kasienetwerk wêreldwyd nie.
Die ander een vervoer die sogenaamde “Nuclear Football”, ’n aktetas wat die reaksie-instruksies bevat indien Amerika aangeval word terwyl die president nie in die VSA is nie.
Daar is slegs twee gevalle bekend waar hierdie indrukwekkende presidensiële motors gefaal het.
In 2011 het pres Barack Obama se Cadillac vasgesteek op ’n spoedwal buite die Amerikaanse ambassade in Dublin.

In 2013 het die “Beast” gaan staan in Israel nadat die verkeerde brandstof ingegooi is.
Pres Trump het in ’n kort tydjie baie vyande gemaak met sy kontroversiële sienings en uitsprake, maar dit wil tog blyk dat sy vyande ander plekke as sy vloot motors moet soek om hom te konfronteer.
Groetnis, tot ’n volgende keer.

Die nuwe Hyundai Creta wat so pas in Suid-Afrika bekend gestel is. Die Creta is ’n voorwielaangedrewe kompakte sportnutsvoertuig wat ’n 1,6-petrolenjin sowel as ’n 1,6-turbodiesel-enjin bied. Die petrolmodel kom met ’n sesganghandratkas of ’n outomatiese sesgang- ratkas uit en die turbodiesel met ’n outoma-tiese sesgangratkas. Die petrolenjin se maksimum kraglewering is 90kW teen 6300 rpm en 150 Nm wringkrag teen 4850 rpm. Die dieselturbo se maksimum-kraglewering is 94kW teen 4000 rpm en 260 Nm wringkrag teen 2750 rpm. Die goed toegeruste Creta se prys wissel van R319900 tot R369900. Vir meer inligting besoek gerus Oudtshoorn Hyundai.

Die nuwe Hyundai Creta wat so pas in Suid-Afrika bekend gestel is. Die Creta is ’n voorwielaangedrewe kompakte sportnutsvoertuig wat ’n 1,6-petrolenjin sowel as ’n 1,6-turbodiesel-enjin bied. Die petrolmodel kom met ’n sesganghandratkas of ’n outomatiese sesgang- ratkas uit en die turbodiesel met ’n outoma-tiese sesgangratkas. Die petrolenjin se maksimum kraglewering is 90kW teen 6300 rpm en 150 Nm wringkrag teen 4850 rpm. Die dieselturbo se maksimum-kraglewering is 94kW teen 4000 rpm en 260 Nm wringkrag teen 2750 rpm. Die goed toegeruste Creta se prys wissel van R319900 tot R369900. Vir meer inligting besoek gerus Oudtshoorn Hyundai.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?