Vrou steek saamleefmaat na bewering met mes

Deur Ilze-Mari Gründling
’N 52-JARIGE vrou van Zoar is Saterdag, 5 Augustus, deur die La­dismith Polisie in hegtenis geneem nadat sy na bewering haar saamleefmaat met ’n mes doodgesteek het.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het die voorval die aand om 18:45 in Tweedelaan te Zoar plaasgevind.

Hy sê die oorledene is na be­we­ring met ’n mes in die rug gesteek nadat ’n argument tussen twee mense ontstaan het.

Toe die ambulans op die toneel kom, was die 58-jarige slagoffer reeds dood.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?