Vrou in hegtenis na winkeldiefstal en aanranding in Mr Price

Prince Vincent1

Die Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van winkeldiefstal en aanranding nadat ’n 23-jarige vrou op Vrydag (24 Maart) om 11:50 ’n kledingstuk by Mr Price gesteel het.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die vrou ’n mes uitgepluk toe sy gekonfronteer is en ’n vroulike werknemer van Mr Price in die hand gesteek.

Sy is vir die besit van ’n gevaarlike wapen in hegtenis geneem en Saterdag vrygelaat op ’n waarskuwing.

Sy verskyn vandag in die hof.

Volgens Visser was ‘n 22-jarige man wat ook op die toneel was, nie aangehou of aangekla in enige van die sake nie.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?