Vas vir gesteelde Honda Ballade

Die gesteelde Honda Ballade.   Foto verskaf.

Die gesteelde Honda Ballade. Foto verskaf.

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie het ’n man in hegtenis geneem in verband met die diefstal van ’n Honda Ballade wat op 2 Mei vanjaar naby die dorp se vullisterrein gevind is.

Volgens kapt MS Vos van die Oudtshoorn Motordiefstal Ondersoekeenheid (MDO) is Jeremy Adams (30) van Oudtshoorn Dinsdag in hegtenis geneem.

Die hoof-ondersoekbeampte was ao Martin Cooper.

Adams het gister die eerste keer in die Oudts­hoorn Landdroshof verskyn.

Die diefstal van die motor is op 1 Mei deur die eienaar, ’n F Stalmeester, by die polisie aangemeld.
• Die Hoorn het op 3 Mei 2017 berig dat die groen 1984-motor gedurende die nag van 1 Mei 2017 vanuit Bondstraat op Oudtshoorn gesteel is en die volgende dag naby die vullisterrein sonder sy wiele en die motorradio gevind is.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?