Twee swaar gestraf

law

Twee mans van Prins Albert wat die eienaar van ’n huiswinkel met ’n mes gedreig en beroof het, is verlede week in die Oudtshoorn Streekhof lang vonnisse opgelê.

Alvin Kaptein (27) met vyf vorige veroordelings op sy rekord, en Ricardo Louw (24), wat onlangs tot vier jaar tronkstraf vir voertuigdiefstal gevonnis is, is aan roof met met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Kaptein en Louw het die aand van 21 September 2015 met balaklawas oor hul koppe by die Lekkerbek Kafee in Adderleystraat, Prins Albert, aan­gekom en ’n werker, Lourens Erasmus, buite die winkel omgestamp en op die grond vasgedruk.

Een van hulle het toe die eienaar, Leonora Kor-dier, met ’n mes gedreig, sigarette, kontant en haar handsak buitgemaak en op die vlug geslaan. Hulle was egter nie lank op vrye voet nie.

Die staatsaanklaer, Hyron Goulding, het die hof vir die minimum voorgeskrewe vonnis gevra, gesien in die erns van die misdryf wat al hoe meer in die hof se bedieningsgebied voorkom.

Streeklanddros Mark van Wyngaardt het Kaptein tot 15 jaar en Louw tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis.

Albei is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

 

(Deur Garnett Wicomb)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?