Twee mans in hof na inbraak en aanranding van 62-jarige vrou

Landdroshof-Oudtshoorn-300x214
Deur Garnett Wicomb
TWEE mans wat na bewering ‘n 62-jarige vrou in die nag in haar woonstel op Oudtshoorn aangerand, beroof en met die dood gedreig het, het Donderdagoggend vlugtig in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

Renier Claassen (33), en Jacobus Rian Nel (25) staan tereg op klagtes van aanranding, huisbraak en die diefstal van ‘n motorvoertuig. Hulle het na bewering by die woonstel van die vrou in St Georgestraat ingebreek terwyl sy geslaap het. Haar selfoon, juweliersware, bankkaarte en motor is gesteel. Die motor is egter teruggevind.

Die saak is deur landdros Roelf Konstabel tot môre (27 Oktober) uitgestel nadat Nel die hof meegedeel het dat hy om regshulp aansoek wil doen. Gideon Badenhorst is Claassen se regsverteenwoordiger.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?