Tronkstraf van 15 jaar vir verkragting en huisbraak

Deur Garnett Wicomb
’N MAN (27) wat skuldig bevind is aan verkrag­ting en huisbraak met die opset om ’n “misdaad onbekend aan die staat” te pleeg, is verlede week in die Oudtshoorn Streekhof 15 jaar gevangenisstraf opgelê.

Luzuko Tshukulwane is daaraan skuldig bevind dat hy op 26 Maart verlede jaar by ’n huis in Vuyanistraat, Bongolethu, ingebreek en ’n 30-jarige vrou verkrag het. Hy het onskuldig gepleit op beide klagtes.

Volgens hom het die klaagster die huis se deur vir hom oopgemaak. Terwyl hy gewag het vir sy eie meisie het sy by hom in die bed geklim waarna hulle met instemming gemeenskap gehad het.

Volgens ’n beëdigde verklaring van die vrou was sy so geskok oor wat met haar die betrokke aand gebeur het dat sy haar aan drank oorgegee het “en net dronk wou wees”.

Die voorval het volgens haar haar hele lewe ver­ander.

Die staatsaanklaer, Nadia le Roux, het die hof vir die maksimum vonnis vir verkragting gevra.
Streeklanddros Daniel Boks het Tshukulwane se weergawe, dat hy met toestemming gemeenskap met die vrou gehad het, as leuenagtig verwerp.

Hy het die twee klagtes vir vonnisdoeleindes saamgeneem en Tshukulwane 15 jaar gevangenisstraf opgelê en hom ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?