Steeds gewag vir DNS-dokumente

Deur Garnett Wicomb
DIE verhoor van ’n man wat daarvan aangekla word dat hy ’n vrou van Smartie Town in 2016 wreed vermoor het, kon verlede week weer nie begin nie omdat steeds gewag word vir DNS-dokumente.

Siphamandla Claassen het na bewering die 26-jarige Juliana Lingerveld die aand van 8 Oktober 2016 wreed vermoor.
Sy is na bewering ook verkrag.

Claassen was glo die laaste persoon wat saam met die oorledene gesien is.

Hy het met sy borgaansoek aangedui dat hy skuldig sal pleit.

Claassen en Lingerveld was na bewering die betrokke aand in ’n woordewisseling betrokke en ooggetuies het gesien hoedat hy haar neergooi en met ’n klip in die gesig kap.

Haar liggaam is die volgende oggend langs ’n muur agter die volstruisslagpale gevind.

Die saak is deur streeklanddros Daniël Boks tot 6 Junie uitgestel.

Log in with your credentials

Forgot your details?