Skoot oor motorsleutels

Hoteleienaar in hegtenis oor beweerde afvuur van wapen.

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE eienaar van ’n hotel op Oudtshoorn wat Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof op aanklag van diefstal en die afvuur van ’n vuurwapen verskyn het, is op versoek van die staat op waarskuwing vrygelaat.

Volgens Sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is Pierre Fourie (69), Saterdag in hegtenis geneem.

Michaels sê polisiebeamptes het ’n man na Fourie se woning in Hoopstraat vergesel om sy motorsleutels ter waarde van R2 500 by Fourie te gaan haal.

Die man was na verneem word ’n gas by Baron’s Palace.
“Die verdagte het geweier om die sleutels te gee en het die polisie en klaer gevra om sy perseel te verlaat. Die verdagte het ’n vuurwapen gehad en terwyl hulle besig was om die perseel te verlaat, het hulle ’n skoot agter hulle hoor afgaan.”

Log in with your credentials

Forgot your details?