Sementblok dalk oorsaak van dood

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van moord nadat die liggaam van ’n 20-jarige man ­Saterdagoggend om 03:30 in Vuyanistraat in Bongolethu gevind is.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is Mckyle Enver Smith moontlik met ’n sementblok aangerand.

“Daar is egter in hierdie stadium geen duidelikheid oor wat gebeur het nie.”

Visser sê niemand is nog in verband met sy dood in hegtenis geneem nie.
Die polisie het ’n versoek gerig dat enigiemand met inligting ao Martin le Roux by tel 044 274 4400 kontak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?