Polisiekantoor kry twee bomdreigemente

Administratiewe personeel van die polisiekantoor staan buite rond nadat ’n bomdreigement ontvang is.                           Foto: Liesel le Roux

Administratiewe personeel van die polisiekantoor staan buite rond nadat ’n bomdreigement ontvang is. Foto: Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux
DIE Oudtshoorn Polisiekantoor in Baron van Ree­destraat moes verlede week twee keer ontruim word nadat die skakelbord anonieme bomdreigemente ontvang het.

Die eerste dreigement was Donderdagoggend en die tweede Vrydagmiddag.

Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die skakelbord kort na 10:00 ’n anonieme oproep ontvang dat daar moontlik ’n bom in die polisiekantoor geplaas is.

Die gebou is ontruim en deursoek met polisiehonde wat opgelei is om plofstof te vind, terwyl personeel buite die hek op die sypaadjie gestaan en wag het. Die polisiekantoor is kort voor 11:30 veilig verklaar en personeel kon terugkeer om hul dagtaak te hervat.

Vrydag se dreigement is net na 15:00 ontvang waarna die gebou weer deursoek en veilig verklaar is.

Log in with your credentials

Forgot your details?