Polisie vra hulp met verdagtes van ou sake

fb POlisieimage001
Die Oudtshoorn Polisie vra hulp van die publiek om persone op te spoor na wie na jare steeds gesoek word in verband met ou sake.

Daar is lasbriewe uitgereik vir die persone se inhegtenisneming, maar alle pogings om hulle op te spoor was tot dusver onsuksesvol.

“Enige persone wat weet waar die persone hulle bevind of waar ons hulle kan opspoor, kan ao Blackie Swartz by die Oudtshoorn Speurdiens kontak by 044 2744408. Alle inligting sal vertroulik hanteer word,” sê kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie.

Die gesoekte persone is Piet Derek van Rooyen (60) wat gesoek word in verband met ’n saak oor die handel in dwelms van 1991; Joseph Nqakuza (67) wat gesoek word in verband met ’n winkeldiefstalsaak van 1993; en Alfred Ndim Mdayi (42) wat gesoek word in verband met ’n winkeldiefstalsaak van 1994.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?