Polisie vra hulp met inbraak en ook met moorde

DIE Oudtshoorn Polisie is op soek na enige persoon wat inligting het rondom ’n inbraak tussen die 1 en 3 Junie 2017 by ’n woning in Oewersig.

Tydens die inbraak is ’n Polar V800-oefenhorlosie ter waarde van R9 000 asook vier tennisrakkette gesteel. Op een van die rakette is die woord Jagermeister in swart en oranje gespuit.
’n Tennis-sonbril ter waarde van R1 500 is ook gesteel. Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is dit onbekend hoe toegang tot die woning verkry is.

Enige persoon met inligting word versoek om ao Pieter Laubscher by 044 274 4400 te kontak.
• Die Oudtshoorn Polisie vra ook hulp met die volgende moordondersoeke waarmee nie vordering gemaak word nie. “ Enigiemand met inligting word gevra om die polisie behulpsaam te wees met die oplos van hier­die sake,” het Michaels versoek.

Moord 1: Gedurende die nag van 17 Mei 2015 is die liggaam van Andre Olkers op die werf in Lynerstraat 5 gevind.

Moord 2: Op 31 Julie 2016 is die liggaam van Maria Majolla te Madonnastraat 5, Rosebank met verskeie steekwonde gevind.

Moord 3: Op 22 September 2016 is Justin April van GG Kamp Oudtshoorn op Oudtshoorn aangerand en is hy op 27 September 2016 in die George Hospitaal oorlede.

Inligting sal vertroulk hanteer word. Kontak s/ao Martin le Roux by 044 274 4400.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?