Polisie ondersoek verskeie sake na voorval in Mr Price vanoggend

Prince Vincent1

DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van winkeldiefstal, aanranding en die besit van ’n gevaarlike wapen na ’n voorval vanoggend in Mr Price in Kerkstraat.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, was daar ’n voorval by die winkel waarby ’n 22-jarige man en 23-jarige vrou betrokke was.

Verskeie gerugte het kort na die voorval die ronde op Oudtshoorn begin doen. Een van die gerugte, wat heeltemal vals is, was dat ’n straatkind by die voorval betrokke was.

Visser het aangedui dat die polisie later meer inligting oor die voorval sal bekend maak.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?