Man en vrou steeds vas twee weke na polisie hul vastrek by padblokkade

Die sakkie met dagga, ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie wat die Ladismith Polisie by ’n padblokkade in Etrezia Weber se handsak gevind het. Foto verskaf

Die sakkie met dagga, ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie wat die Ladismith Polisie by ’n padblokkade in Etrezia Weber se handsak gevind het. Foto verskaf

Dagga, ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in handsak gevind

Deur Liesel le Roux
’N 28-JARIGE vrou en 56-jarige man het gister in die Ladismith Landdroshof verskyn nadat dagga en ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie op 19 Junie by ’n padblokkade by hulle gevind is.
Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is Jaqui Garry Gradwell en Etrezia

Weber by ’n padblokkade op die Ladismith-Riversdal-pad in hegtenis geneem.

Hulle is steeds in hegtenis omdat hulle aanvanklik nie ’n permanente adres kon verskaf nie.
’n Alternatiewe adres wat nou verskaf is, moet eers opgevolg word.

Die padblokkade is opgestel nadat die polisie inligting ontvang het oor ’n onwettige vuurwapen.
Gradwell en Weber se wit Nissanbakkie is omstreeks 15:00 gestop en ’n bakkie met los dagga en ’n 9 mm-pistool met 13 rondes is in Weber se handsak gevind.

Die Weekend Post het die afgelope week berig dat ’n ondersoek wat hulle gedoen het na Gradwell daarop dui dat hy ’n selfonderhoudende nedersetting slegs vir wit mense – bekend as die Eden Projek – op ’n plaas naby Ladismith wil vestig.

Volgens die koerant wou hy en ’n groep mense verlede jaar ’n plaas by Willowmore koop en het hulle – toe die koop deur die mat val – ook tydelik in ’n karavaanpark by Uniondale gaan woon.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?