Liggame van twee mans Sondag deur Ladismith Polisie gevind

DIE Ladismith Polisie is tans besig met na­doodse ondersoeke na­dat die liggame van twee mans Sondag in afsonderlike voorvalle onderskeidelik in en buite die dorp gevind is.
Een van die oorledenes is geïdentifiseer as Hilton de Kock (41) van Nissenville in Ladismith.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, is die omstandighede wat tot De Kock se dood gelei het, onbekend.

Die uitslag van ’n nadoodse was ook nie teen gistermiddag bekend nie.

Cederas sê De Kock se liggaam is op ’n perseel in Van Eycklaan gevind nadat die polisie omstreeks 09:56 in kennis gestel is dat ’n man op die perseel lê.

De Kock was reeds dood toe die polisie op die toneel gekom het.

In nog ’n voorval is die liggaam van ’n onbe­kende man omstreeks 15:40 deur ’n verbyganger op die Knyswagendriftpad gevind.

Die omstandighede rondom die man se dood word ook ondersoek.
Die polisie kon nie teen druktyd gister aandui of die ander persoon se identiteit al bevestig is nie.

Log in with your credentials

Forgot your details?