Jong man vas vir 2,5 kg dagga in Ladismith

Sers Nicky Pheiffer en konst Bennet de Wee met die 2,565 kg dagga. Foto verskaf

Sers Nicky Pheiffer en konst Bennet de Wee met die 2,565 kg dagga. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
’N MAN van Elsiesrivier het gister (Woensdag) in die Ladismith Landdroshof verskyn op aanklag van handel in dagga nadat 2,565 kg dagga in sy besit gevind is.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het lede van die Ladismith SAPD se misdaadvoor­komingseenheid Dinsdag omstreeks 17:45 op ’n wenk van die gemeenskap gereageer en ’n taxi in Jonathanstraat in Nissenville gestop en deursoek.

“Die dagga is in die bagasie van die 24-jarige beskuldigde gevind en was in drie plastieksakke verpak.”
Volgens Cederas was die dagga bestem vir ’n dwelmhuis in Hendrickstraat, Nissenville en het dit ’n straatwaarde van sowat R10 000.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?