Inbrekers op heterdaad betrap

• WhatsApp-boodskap gestuur

WHATSAPP-GROEPE kan met groot sukses gebruik word om misdaad te bekamp, sê kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie.

’n Oproep aan die polisie asook ’n WhatsApp-boodskap Sondagoggend omstreeks 02:20 wat na die polisie en boere van die Rooiheuwel-omge­wing gestuur is, het daartoe gelei dat twee inbre­kers binne tien minute in ’n huis vasgetrek is.

Volgens Visser was die polisie binne 10 minute op die toneel van die huis op die plaas – voorheen bekend as Jamstreet – en is twee mans binne die huis betrap.

Boere uit die omgewing het ook op die toneel opgedaag.

Die twee mans, onderskeidelik 26 en 19 jaar oud, is op ’n klagte van huisbraak en diefstal in hegtenis geneem en het Dinsdag reeds in die Oudts­hoorn Landdroshof verskyn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?