Gauteng Polisie trek mans vas op Oudtshoorn

• Moordsaak in Germiston

Deur Ilze-Mari Gründling
TWEE mans is verlede week deur polisiebeamptes van Gauteng op Oudtshoorn in hegtenis geneem in verband met ’n moordsaak in Primrose, Germiston.

Randall Brown en Barend Human is onderskeidelik op Maandag (4 September) en Woensdag (6 September) in Oudtshoorn aangehou voordat hulle na Gauteng vervoer is.

Volgens sers Styles Maome, woordvoerder van die Primrose Polisie, is ’n lasbrief vir die inheg­tenisname van die mans uitgereik en is hulle op Oudtshoorn opgespoor.

Die mans het gister in die Germiston Landdroshof verskyn. Styles het gesê hy kan nog nie die naam van die slagoffer bekend maak nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?