Boekhoudster van gastehuis in hof op diefstalklagte

Oudtshoorn Landdroshof.

Oudtshoorn Landdroshof.

Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ‘n vrou wat daarvan aangekla word dat sy derduisende rand van ‘n gastehuis op Oudtshoorn gesteel het, is in die Oudtshoorn Streekhof vir verhoor tot Juliemaand uitgestel.

Die beskuldigde, Emmerentia Weyngardt, word daarvan aangekla dat sy tussen 2013 en 2015 ‘n bedrag van  R557 707,15 van die Montana Gastehuis gesteel het.

Waarnemende streeklanddros LA Wilkens het die saak vir drie dae se verhoor na 24, 25 en 31 Julie 2017 uitgestel omdat ‘n Duitse tolk nie die hofverrigtinge verlede week kon bywoon nie nadat hy in ‘n ongeluk betrokke was.

Die vrou se regsverteenwoordiger het die hof om verslapping van haar borgvoorwaardes gevra. Sy hoef voortaan nie meer elke Vrydag by die polisiestasie aan te meld nie. Sy het glo genoeg bates en woon by familie op Oudtshoorn.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?