Beslag gelê op 300 daggaplante in Oudtshoorn-huis

hof-images-3-300x289

Deur Ilze-Mari Gründling
DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n saak van die handel en kweek van dagga nadat polisiebeamptes verlede Vrydag (17 November 2017) om 06:45 ’n huis in Oudtshoorn-Noord deursoek het.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, is daar tydens die deursoeking van die huis beslag gelê op sowat 300 daggaplante, dagga en dagga-olie.

Volgens Visser is ’n 17-jarige seun en ’n 46-jarige vrou,  in hegtenis geneem.

Die seun is volgens Visser in die sorg van sy pa vrygelaat.

Die vrou is later die Vrydagoggend op borg vrygelaat.

Die name van die vrou en die seun mag nie be­kend gemaak word nie omdat die seun minderjarig is en dit sy identiteit sal openbaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?