19 jaar vir man wat 2 vroue oplaai

Van Rooyen gevonnis vir verkragting en seksuele aanranding

Deur Garnett Wicomb
’N MAN van Oudtshoorn wat twee jong vroue ge­leenthede met sy motorfiets aangebied en die een verkrag het, is in die Oudtshoorn Streekhof 19 jaar gevangenistraf opgelê.

Winston van Rooyen (29) is skuldig bevind aan verkragting, seksuele aanranding en aanranding om ernstig te beseer.

Hy het by die twee vroue, onderskeidelik 19 en 21 jaar oud, in Voortrekkerweg stilgehou en hulle geleenthede huis toe aangebied.

Hy het met die eerste vrou tot in Jonesstraat gery waar hy haar van die bromponie gestamp en probeer verkrag het.

Van Rooyen het op sy motorfiets gespring en weggejaag toe mense skielik op hulle afgekom het.
Hy is daarna terug na Voortrekkerweg waar hy die tweede vrou opgelaai het en met haar tot naby die Oudtshoorn Gevangenis gery waar hy haar verkrag het.

Streeklanddros Daniel Boks het Van Rooyen se getuienis as leuenagtig verwerp.

Hy is 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir ver­kragting, en vier jaar elk vir seksuele aanran­ding en aanranding om ernstig te beseer.

Laasgenoemde twee vonnisse kan samelopend uitgedien word.
Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?