17-jarige sterf ­tydens argument

Deur Ilze-Mari Gründling
’N 17-JARIGE seun van Sakkiesbaai in Ladismith is Saterdag omstreeks 19:30 oorlede nadat hy tydens ’n argument met ’n mes gesteek is.

Volgens ao Jan Cederas, woordvoerder van die Ladismith Polisie, het Jonathan Scheepers en ’n 18-jarige na bewering geargumenteer toe Jonathan in die bors gesteek is.

Hy is op pad na die Allan Blyth Hospitaal oor­lede. ’n Nadoodse ondersoek is Maandag gedoen.
Die 18-jarige is in hegtenis geneem en sal op Dinsdag (12 Desember) in die Ladismith Landdroshof verskyn. Hy het nog nie gepleit nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?