16-jarige se liggaam vermink en verbrand


• Verdagte vandag na Oudtshoorn Landdroshof

’N 28-JARIGE man van De Rust verskyn vandag in die Oudtshoorn Landdroshof in verband met die moord op Deidré Opperman (16) van die De Rust-omgewing.

Die man is Dinsdagoggend in verband met ’n moord-klag in hegtenis geneem nadat die verminkte en verbrande liggaam van Deidré Maan­dagoggend langs die N12 gevind is.

Volgens kapt Malcolm Pojie, woordvoerder van die Suid-Kaap Polisie, dui die voorlopige ondersoek daarop dat Deidré Saterdagaand laas gesien is toe sy na ’n bring-en-braai by vriende op De Rust gegaan het.

“Teen Sondag, 3 September, het sy nog nie by die huis opgedaag nie en het haar familie na haar begin soek. Toe hulle haar teen 18:00 nog nie opgespoor het nie, het hulle die polisie genader en haar as vermis aangemeld.”

Pojie sê die polisie het dadelik na Deidré begin soek, maar moes die soektog weens swak lig staak. Dit is Maandag hervat.

Gedurende die dag is ’n bra en top wat sy aangehad het, naby die sportveld gevind.
Die soektog is uitgebrei langs die N12 in die rigting van Oudemuragie. Deidré se halfnaakte liggaam is omstreeks 15:00 agter digte bosse gevind.

“Sy het veelvuldige kopbeserings opgedoen en ’n bloedbevlekte klip is naby haar liggaaam gevind. Die liggaam was onherkenbaar vermink en verbrand,” sê Pojie.
Deidre was tot in Mei vanjaar in graad 8 in die Hoërskool De Rust, maar het daarna opgehou skoolgaan.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?