Sms’e van lesers

■ Ter ondersteuning van die verwydering van die blombak in Baron van Reedestraat, gee ek my siening uit die oogpunt van die voetgangers. Ek het ’n hele aantal jare elke dag daar verbygestap. Ek het koue rillings gekry elke keer as ek die blombak nader en op die klein spasietjie tussen die straat en die pad moes verbystap. Die verkeer wat verbyjaag en die geraas is genoeg om elke voetganger panie­kerig te maak. Ek het altyd gewonder hoekom die onooglike ding daar gebou is en nog steeds daar staan, want terwyl ek daar gestap het, was daar in elk geval geen plante in nie. Asseblief, kap die “monstrosity” af! Dink ook aan die toeriste en skoolkinders wat daar stap. Dankie.

Curwin Adams en Amilia Afrika is aangewys as die Swaeltjieland Kleuterskool se eerste Mnr en Mej Swaeltjieland.

■ Sien nou op TV-nuus studente met universiteitsgrade betoog omdat hul nie werk kry nie. Hulle sê as hul nie werk kry nie, gaan hulle die wat wel werk het, verhoed om by hul werk uit te kom. Die groot probleem is dat die land hopeloos oorbevolk is. Leiers op alle gebiede spreek nie die getallepro­bleem aan nie. Ons gaan almal binnekort “ver­smoor” as gevolg van die oorbevolkte land. Stuur voorstelle na Die Hoorn om die dreigende chaos te voorkom, as dit nie reeds te laat is nie. Ek sê ’n moratorium op geboortes vir ’n lang genoeg tydperk sal help. Sal leiersfigure wat die “ticking timebomb”-probleem landwyd kan aanspreek, hand opsteek en aksie neem, want politieke leiers gaan niks doen nie. Realis

Wie mors so dat dit so lyk op ’n Sondagmiddag in Noordstraat, Oudtshoorn – net bokant Baron van Reedestraat? Aan die oorkant van die straat het dit net so erg gelyk.

Log in with your credentials

Forgot your details?